Wednesday, 17 February 2016

Digital Pedagogy Unplugged

Om van BCom na NOS te gaan was 'n groot aanpassing, ons is gewoont aan syfers en glad nie aan opstelle, briewe of te praat van blogs nie.  So leer ons almal maar aanpas by onsomstandighede, of ons nou wil of nie.  So ook moet ons maar leer om aan te pas in die digitale wêreld waarin ons onself tans vind.  Wie weet in watter wêreld ons onself volgende gaan vind?  Ek voel wel: "Adapt or die," maar moet ons so drasties wees as onderwysers? Moet ons karring aan alles wat reeds werk?

Ja, noem my maar oudmodies, maar ek voel as daar kommunikasie tussen onderwyser en leerder gaan plaasvind, kan daar nie van digitale middels gebruik maak nie.  Selfone, tablets en rekenaars neem die kommunikasie wêreld oor.  Dit het so maklik geword om vir iemand te sê dat jy van hulle hou, deur slegs 'n paar knoppies te druk en die boodskap te stuur.  Waar is die eintlike verhouding dan?  Oor die foon? Of digitaal?

John Dewey het wel gesê: "If we teach today as we taught yesterday, we rob our children of tomorrow." Daarmee stem ek volkome saam, maar het hy bedoel ons MOET digitaal gaan?  Of voel hy net ons moet elke dag met nuwe idees vorendag kom om dit vir kinders lekker te maak om in ons klas te sit?

Ek is glad nie tegnologies gestremd, of bang om digitaal te gaan nie, maar ek geniet 'n swart bord - nie so baie die chalk nie, maar daarvoor sal ek nog 'n plan maak.  Hoe moet ek 'n wiskunde som aan my leerders verduidelik as ek dit nie fisies voor hulle oë, op die bord, uitwerk nie?

Ek besef digitaal beteken nie gewoonlik elektronies nie, maar dit beteken ook nie om 'n swart borde te skryf nie.

Ek sal maar voortgaan om 'n "naked teacher" te wees.  Ek unplug die digitale toestelle in my klaskamer.